Oct 24, 2011

ertjiesop

Versengend warm vandag.  42 grade, as mens vanoggend se radionoodberig moet glo.  Ek sit in Arkadia en drink wyn, met geen idee wat aandete gaan wees nie – die stukkie varkfilet in die yskas wat ek veronderstel was om gaar te maak is toe nie meer in 'n toestand om geëet te word nie.  Daarmee saam sou daar wees 'n pan vol tamaties a la crème.  Nou mag ek dalk met 'n stukkie roosterbrood tevrede moet wees.

Maar wat eintlik absoluut wonderlik sou gewees het vanaand, is een van laasweek se etes, met nog van die Boeremark se opbrengs.  Ertjies, kruisement en jogurt word 'n koue sop, 'n pragtige liggroen, glad en lig.  Weer uit die nimlike Casa Moro.

In ander nuus is ek ontsettend lus vir koek.  As ek myself net so ver kan kry om die oond aan te sit en by te dra tot hierdie hitte-aanval.  I'll keep you posted.

0 comments: