Oct 13, 2011

ertjiepesto

Dis heerlike lente.  Die Jakarandas blom hier in Arkadia, ek drink g&t's as ek warm van die kampus af terugkom, en ek het nie krag of lus vir lang ure voor die stoof nie.  Maar die beste deel van die lente is die Boeremark – tafels en tafels vol pragtige bosse spinasie, klein radysies en blink rooi-en geelrissies.  Bloesende tamaties, eindelose stronke soetmielies, en die mees pragtige pers sprietuie.

Deel van verlede week se kopies was ook 'n pakkie vars ertjies, en vanmiddag het dit 'n wonderlike bakkie ertjiepesto geword.  Die inspirasie was van Smitten Kitchen, en buiten die ertjies (vinnig gekook, voor dit mushy en aaklig raak), is pesto se usual suspects daar – parmesaan, neute (in hierdie geval makadamias), knoffel en olyfolie.  Lente op 'n bord.  Die kleur alleen het my dag gemaak.

(Eet saam met pasta, of op bruschetta, saam met 'n glas koue witwyn.)

1 comments:

Marisa said...

Heerlik! En nou kan ek nie anders as om te wonder hoe dit sou proe met aspersies ipv ertjies nie? Alhoewel ek sal dit maar moeilik oor my hart kry om aspersies enigsins anders as vinnig geroast of net so rou te eet...