Oct 26, 2011

beet- en wortelkoek

In die bitter stryd tussen intense temperature, en die begeerte na koek, het koek gewen.

In my lewe wen koek altyd.

Hierdie is die oulikste, klein regop koekie, met meer beet en wortel as meel, en roomkaasversiering.  Gebak op 'n laatmiddag in my versengend warm kombuisie.

En nou gaan ek 'n bottel sjampanje oopmaak om die feit dat ek die twee laaste inhoudshoofstukke van my M weggestuur het na my studieleiers, te vier.

Koek en sjampanje.  Hos ja.

0 comments: