Oct 30, 2011

barcelona 2011, dag 1

Hierdie hittegolf herinner my aan Spanje.  Hierdie is die eerste ete van ons Julie kuier in Barcelona, geëet heel aan die punt van La Rambla, naby die Columbus monument.  Op 'n klein stukkie gras.  La Boqueria gevang terwyl daar nog 'n laaste paar stalletjie oop was, en 'n vars brood en 'n pakkie tacos de jamon gekoop.  En toe gaan soek vir die koudste bier wat ons kon vind.

3 comments:

Orchidhunter said...

Ag jittetjie, hoe mis ek La Boqueria nou. Na my besoek was ek nooit weer dieselfde nie.

arcadia said...

Wanneer was jy daar, L?

Orchidhunter said...

Ek was daar in 2004, vir amper drie weke. Kon nie in daardie tyd genoeg kultuur inneem nie. Sal nog eendag terugkeer, dis verseker.