Sep 2, 2011

pistachio koek


Dis heerlike lente.  Die plan was om hierdie gister al te post, maar ek was siek op die heuglike dag, en is nog steeds, so ons hou hierdie vandag kort.  Hierdie is my Lentedagkoek, uit Breakfast Lunch Tea, 'n pistachio koek.  Met baie min meel en baie fyn pistachios en amandels, wat die koek heerlik klam maak, maar ook tot gevolg het dat dit geweldig maklik breek (in die foto hierbo het die koek op daardie stadium toe alreeds op vier verskillende plekke gebreek).  Maar die koek maak op smaakvlak daarvoor op, en my woonstelmaat en haar boyfriend het gisteroggend sommer vir ontbyt 'n paar snytjies kafgedraf.  Bo-op 'n roomkaasveriering, met (natuurlik) nog gekapte pistachios. 

Goed.  Laat ek hierdie siek lyf uit die bed sleep vir my personeelvergadering.  En dan versier ek vandag, aan die sy van my ma, omtrent 250 kolwyntjies, want die Groot Partytjie vind Saterdag plaas.  Ha.  Sien julle aan die ander kant. 

2 comments:

Cobus said...

Haai
Die koek lyk baie lekker - ek het 'n ding ontwikkel oor hierdie vogtige meellose neutkoeke. Het jy al die Nigella-resep probeer waar sy die lemoene kook in water en dan heel (sans pitte) opkap en meng met gemaalde amandels? Ek het die sjokolade-een nou die dag probeer (ek dink dis in "Feast") en dis baie lekker. Nogal 'n orangette-smaak (soos die versnapering, nie die blog nie). In elk geval, ek het gedog ek sou gou skryf want ek het nou net 'Cache' gekyk en toe onthou jy doen jou M oor Haneke en ek wou net noem dat die Artificial Eye-DVD het in die ekstras 'n heel lekker onderhoud met Haneke waarin hy praat oor manipulasie van beelde, Frans-Algerynse geskiedenis en ook die enigmatiese laaste skoot, wat my baie laat wonder het.
Jy het dit seker al lankal gesien, maar ek het maar net gedog ek sou dit noem. Sterkte met die skrywery.
Cobus

arcadia said...

Cobus - ek het inderdaad daai onderhoud gesien, is nou juis besig om oor Cache te skryf vir die donderse M. En vir my studente te wys, wat baie meer geskok is deur die dood van 'n hoender as wat mens sou dink. Sug.

Jy het laas genoem dat jy ook in filmstudies is? Wil jy my nie bietjie email by a (dot) gouws (at) wbs (dot) co (dot) za nie, en vertel waarmee jy besig is nie? Sal graag meer wil weet.