Sep 28, 2011

hiep-hiep

Kort na ons verdwyning het my pa sy jaarlikse Reuse Partytjie gehou.  Hierdie keer was dit nie 'n koek-en-tee affêre nie, maar daar was tog kolwyntjies vir poeding.  Omtrent 300 kolwyntjies.
Die kolwyntjies is gebak deur my ma, en versier deur my, met hulp van my jongste sussie.  Wat besluit het ons benodig 'n groot lysie om tred te hou met al die verskillende kolwyntjies.
Daar was ook twee verjaardagkoeke.  Met duisende kersies.  En een of ander simpel mens het die witsjokolade ganache gesmeer.  Ook maar goed ek was nie by toe dit gebeur het nie.  Mense het ook nie meer die nodige respek vir koek nie.

0 comments: