Sep 4, 2011

gebraaide zucchini blomme


Hierdie was middagete.

Zucchini blomme waarin daar versigtig 'n klein stukkie mozzarellakaas geplaas is, 'n klein bietjie ansjovispuree, en dan gedoop is in eier, meel en vinnig gebraai is in 'n bietjie olie.  'n Glasie witwyn aan die kant.

3 comments:

The Sourcerer said...

jy kan my in 'n wip vang...
ek het in Rome emmersvol daarvan geƫet. groot sug.

Anairam said...

Sjoe, dit klink lekker. Hoe proe die blare, soos spinasie?

arcadia said...

Lily - ek is jaloers! In Rome, nogal. Groot sug, inderdaad.

Anairam - nee, die blare van die blom proe ligter as spinasie. Heel lekker.