Aug 31, 2011
whoopie pies
Met my liewe vriendin Hanli se geskenk van Marshmallow Crème maak ek 'n baksel whoopie pies. In my hart is ek Amish, en hierdie Amish gebak loer al lankal vir my. Ek volg 'n resep uit Gourmet, vir die tradisionele sjokolade whoopie pies (wat die ma's van Amish kinders blykbaar vir hul in hul skoolkosblikkies ingepak het). Die beslag is maar 'n baie basiese sjokoladekoek, en die vulsel 'n kombinasie van die marshmallow fluff, versiersuiker en botter. En liewe lesers, ek moet jul vertel, met trane in my navy blou oë, dat die whoopie pies so donders soet was dat ek nie eens een kon klaar eet nie. Volgende keer sal ek die vulsel uitlos en dalk net die marshmallow fluff gebruik, maar wragtag, vir daai vlak van soetheid sien mens net kans as jy vyf jaar oud is.
3 comments:
Eeeww, daai Marshmallow Crème is 'n sonde. Ek kan nie glo die Amerikaners koop dit so graag nie. En dan het hulle kwansuis 'n probleem met Marmite.
Kan ek `n bestelling hiervan plaas vir ons volgende kuier? Corné
Corne - ons kan 'n plan maak!
Post a Comment