Aug 9, 2011

terugkeer

Ek is net meer as 'n week terug in Arkadia.  Winter is nie die beste tyd om terug te keer na die stad nie; alles is ongelooflik vaal, die bome in Pretoriusstraat kaal soos uit 'n Caspar Friedrich skildery.  My woonstel is stil.  Te stil.  Daar is geen vuil skottelgoed in sig nie.  In kort – ek is hier, J is nie.  Dit word nooit beter nie.

Daar is baie waaroor ons jul wil vertel.  Van wat nog gekook is in Engeland, en verorber is in Spanje, oor gesprekke wat ses weke lank aanhou en lang wagte op lughawens wat skielik perspektief gee op als waarmee ons besig is.  Die volgende paar maande gaan uitputtend wees, met J se D en my M wat ingehandig moet word, en allerhande besluite oor die toekoms wat ons aandag verg.  So ons probeer tans ons aandag aftrek van die aanhoudende gemis sodat ons onsself kan staal vir dit wat voorl√™, en bowenal net besef hoe donders gelukkig ons is om hierdie te gevind het.  Gister was ons herdenking, drie jaar as jy nie al die maande van opbou (o! Daardie wonderlike opbou!) tel nie.  Ek het vir die eerste keer sedert ek terug is iets anders as corn flakes uit die kas gehaal.  Aandete was Patricia Wells se parmesan-breaded lamb chops, vinnig goud gebraai in 'n warm pan, kapokaartappel daarmee saam, en 'n heerlike bak slaai.  Perfection.

Dankie vir jul geduld met ons trae posts die laaste paar maande.  Binnekort is daar weer joie de vivre in die lug en dinner parties by die dosyne.  Tot wederom.

2 comments:

Ekke said...

Welkom terug- die ou winter slaan 'n mens hard na 'n heerlike Europese somer!

Marie said...

Soldier on, darling.