Aug 21, 2011

paneer

Middagete.  Stukkies paneer wat gebraai is in olyfolie, besprinkel met regte za'atar van 'n Israeliese mark (dankie, Corné!).  'n Bakkie olywe, twee snye tuisgebakte brood.

 Die paneer is van vroeër in die week, oorspronklik gemaak vir palak paneer (of saag paneer), waaaroor ek nog sal post.  Dit was 'n moeilike dag, en ek het 'n projek nodig gehad vir die aand.  Die proses is maar baie dieselfde as vir die maak van ricotta, behalwe dat suurlemoensap gebruik word in plaas van karringmelk, en dat die kaas in 'n blok gekompakteer word in die yskas in plaas van om ligte korrels te bly.  Mens voel steeds geweldig accomplished daarna.  Wat het jy gedoen gisteraand?  Ag, nie veel nie.  Net kaas gemaak.  Take that, julle helle. 

5 comments:

Anna F said...

Wou net weer sê dat ek nog steeds lekker lees aan jou blog.. Het die posts gemis toe jy weg was!

Marie said...

:-)

Ek moet dit doen. Dis 'n wonderlike foto.

Marlette CV said...

welkom terug, arkadia! ek concur met Anna F. mist jou posts as jy oor die water/vasgevang in die stuiptrekkings van 'n M is. baie sterkte met die M - myne het 6 jaar gevat, ek vertaan hoe goor en ontmoedigend dit kan raak. dink aan jou. maar 'koek is die waarheid'!!

Marlette

arcadia said...

Anna F - dankie!

Marie - dankie :-) Ja, doen dit. Dis lekker vinnig.

Marlette - ja jong, ek hoop om teen die einde van die jaar klaar te wees (touch wood). :-)

Marisa said...

Die za'atar saam met paneer is 'n uitstekende idee!