Aug 19, 2011

goulash

Nadat ek Woensdag offisieel drie keer in die openbaar in trane uitgebars het het ek amper die aand se dinner party afgestel.  Dankdevader ek het nie.  Daar was Nigel Slater se goulash, varsgebakte brood, en 'n dessert plate met 'n verskeidenheid soetighede uit die vreemde – halva floss van die wonderlike Turkish Food Centre in Dalston, turrón, en naranja truffels uit Barcelona.  En bietjie te veel wyn (en sjampanje!), histeriese gesprekke, en geskenke van Marshmallow crème en Baconaise.  Red 'n volk met sulke vriende.  Dit was die eerste aand in die laaste paar weke wat ek bly was om terug te wees in Pretoria.  (Soos gewoonlik was ek te besig om te sorg dat almal kos en drank het om foto's te neem.  Sug.  Ek kort 'n professionele fotograaf by my dinner parties.)

Die goulash is wonderlik.  Dit kan 'n dag voor die tyd gemaak word, en die bestandele maak vir 'n  baie genuanseerde geurprofiel.  Uie wat stadig soet gebraai is met eetelepels vol Hongaarse paprika.   Tamatie, plomp rooi soetrissies van die Boeremark.  Gedroogde sampioene wat geweek is om al hul sappe beskikbaar te stel, biefaftreksel, rooiwyn.  En karwysaad.  Baie karwysaad.  (En natuurlik die stukkies varkskouer, wat vinnig in die pan bruin gebrand word voordat hul later sag kook in die geurige broth).  Peasant food, bitter welkom in hierdie gure weer. 

Lekkerte.

3 comments:

Marie said...

Hmmm, klink lekker. Die teater van dinner parties is darem baie belangrik. A one woman show.

xxx

Anairam said...

Jou dinner parties klink hemels. Mens kan 'n movie daarvan maak. In my kop en drome leef ek so 'n lewe, met lang tafels (onder bome, indien dit kan, soos in een van daai Franse of Italiaanse films) met baie vriende en familie en wonderlike kos in bakke en altyd te veel wyn. Maar in die realiteit eet ek en man alleen, by die tafel met 'n DVD op die laptop, kos waarskynlik leftovers opgewarm in die mikrogolf. Sonder drome kan mens ook nie leef nie.

arcadia said...

Anairam - hul is lekker, ja, maar dis ook nie elke aand nie, hoor. Die res van die tyd eet ek maar alte dikwels alleen terwyl ek nuus kyk. Niks glamorous daar nie.