Aug 25, 2011

botterbroodjies

 
Dis alweer 'n bloody koue dag vandag.  My ma en ouma kom oor vir tee, so ek maak huis skoon.  Vee vloere, was skottelgoed, maak hopies van al die boeke wat orals rondstaan.  Saam met tee sal daar scones wees.  Rose Bakery se scones, uit Breakfast Lunch Tea.  Met styfgeklopte room, en kersiekonfyt.  

Die scones is aan die plat kant, ten spyte van die exorbitant hoeveelheid bakpoeier wat die resep meld – 'n eetlepel vir elke koppie meel, bid jou aan.  Later sien ek die bakpoeier het eintlik al 'n jaar terug verval.  Fail.

Ek laat jul met 'n foto van my wonderlike ouma, wat my nuutste kookboeke geannekseer het die oomblik wat sy by die deur ingestap het.  Hier sit sy en skryf resepte af.  “Ja, my kind, die dag wat ek nie meer in 'n reseppie belangstel nie is die dag wat jul weet die einde is naby.”

Aardjie na my maartjie. 

4 comments:

Anna F said...

Dis nou 'n keeper.... Dankie!

Ewald said...

Skoonma- op die internet! Pragtige foto van haar, en sy is 'n baie besondere dame!

Marie said...

Mooi.

Anairam said...

Ag, botterbroodjies is so 'n mooi woord, al sê ekself altyd skons. Ek moet sê joune lyk nogal platterig, hahaha! Toemaar, ek lag nie vir jou nie, ek lag met jou. Eintlik lag ek glad nie, want ek het Dinsdagaand, eintlik in die vroee ure van Woensdagoggend, 'n erge drang gekry om 'n speserykoek te bak, na aanleiding van al jou skrywes oor koekbakkery, wat toe ongelukkig (ek praat nou van my koek, nie jou skrywes nie), ten spyte van my entoesiasme, nie 'n oorweldigende sukses was nie. Dit het my egter nie gestop om die hele koek te eet nie.
PS Die kakkerige werk gaan steeds voort - ja, nog is het einde niet. Ek hoop om mid-November die huidige twee boeke klaar te hê.
PPS Mr Darning Foot is 'n oulike kêrel wat ek by die Elna-shop gekoop het. Met hom doen jy freehand stitching.