Jul 13, 2011

waar's-hy-waar's-hy-waar's-hy? (daar's-hy)

Ai.

Dit gebeur elke bloody keer wat ek en J in dieselfde land is.

Ons het die beste voornemens om gedurig deur te post oor als wat ons eet, en dan raak ons so oorweldig deur die paar wekies wat ons saam het dat als anders (buiten werk, hierdie keer) ver agter in die ry moet gaan staan.

So ja, hier word geëet, maar ook baie gereis, na Salisbury en Oxford en Londen en Liverpool en ook verder, na Ierland, en binnekort na Spanje.  En daar word gesels, lang, lang gesprekke op beddens en in treine en voor die stoof of in die tuin, en tussendeur skryf ons aan ons onderskeie tesisse en kyk Nunsploitation flieks in die aand as ons beide te moeg is om nog verdere intelligente gesprekke te hê.

Maar binnekort vertel ons weer oor die kos.  Belowe.

1 comments:

Petro said...

Anjo-Marie,
Gebruik die tyd om wonderlike memories op te bou. Een van die dae is julle weer vir 'n ruk in verskillende lande en dan moet daar geteer word op dit wat nou opgebou is. Ek is nuuskierig oor wat julle eet en sien en koop, maar dit kan wag tot later.
Ek wil ook net s, ek loop ook in vreemde supermarkte rond en tel elke blikkie en bottel op om te kyk wat dit is. En ek hou ook van ander lande se sjampoe en tandepasta. My familie skud maar net kop. Maar dis lekker!