May 15, 2011

verjaardagkolwyntjies

Twee vriendinne het oorgekom vir verjaardagkoek- en tee.  Daar was nog van die quiche, die laaste van die poppiesaadtorte, en hierdie kolwyntjies.  Geel verjaardagkoek, versier met geklopte room waarby bietjie versiersuiker en baie suurlemoenskil ingemeng is.  Vrolik.

1 comments:

Anairam said...

Geluk met die verjaarsdag wat was, en wat aanhou en aanhou ... Dis 'n meesterlike plan om die hele maand verjaarsdag te hou. EK moet dit onthou. Ek verjaar ook in Mei, oor so 'n week, en ek het mense uitgenooi vir Cake en Champagne. My koek gaan nou ongelukkig nie selfgebak wees nie, synde ons nou in die laaste stretch is om hierdie twee wetenskapboeke uit te kry, so die spanning en stres loop hoog, en ek gaan definitief nie kan cope met koekbak ook nie. Ek kry myne by Cillie in Vishoek, sy het die kleinste winkeltjie wat jy nog gesien het en sy bak agter die toonbank(ie) en sy maak die beste cupcakes en New York cheesecake ooit. Okay, die beste wat EK ge"eet het! Ag, kolwyntjies is so 'n mooi woord, ek moet nou ophou om van cupcakes te praat.