May 21, 2011

stapelvoedsel

Madrid. 

Ons het ure spandeer in die Prado, die Reina Sofia, en die Museo Thyssen-Bornemisza.  Ons het terloops afgekom op 'n vertikale tuin, en enige plek waar ons moeg en honger geraak het gaan plat sit en ons trusty kosblik uitgehaal.  Met snye brood, kaas, avokado en pimenton.  Soms 'n stukkie ham, of chorizo.  En J se knipmes, wat ons vergesel op al ons avonture. 

Hoe heerlik die vryheid van die onselfbewuste toeris.




1 comments:

Ekke said...

Volgende week hierdie tyd!!! Het vanoggend vir jou uitgekyk daar in jou fakulteit.