May 22, 2011

socca en eend prosciutto

Dit maak mens uiters gelukkig om eend prosciutto in die huis te hê.  Dis heerlik as 'n pre-aandete happie terwyl jy wag vir die kos om gaar te word,, of vir 'n vinnige (en ongelooflik indulgent) ontbyt saam met geroosterde rogbrood en skywe ryp avokado. 

Maar vanaand eet ek dun slivers saam met socca, Italiaanse kekerertjiepannekoekies.  Gespikkel met tiemieblaartjies, die pannekoekies 'n dowwe, earthy geel. 

Tyd om 'n bottel wyn uit die kas te gaan kies.  Dit is 'n goeie aand.

2 comments:

Marie said...

Mooi kort mooi

'kekerertjie' - chickpeas? Nog nooit in my lewe die woord gesien of gehoor nie. Dis wat gebeur as'n mens se Afrikaansprekende pa nie kook nie. Ek is mal oor al die nuwe koswoorde.

Marisa said...

Daai ontbyt wat jy beskryf klink ongelooflik indulgent. My kreemymeel staan nie 'n kans nie.