May 22, 2011

koek en losse sedes

Steeds Madrid. 

Ons het vir dae lank elke dag verby 'n reuse sex shop met neonligte gestap, en uiteindelik besluit om in te gaan.  Baie oninteressant in vergelyking met Amsterdamse sekswinkels, met ongelooflik baie lesbian cheerleader porn (seriously?  You've got to be kidding me), en super dodgy Spaanse omies wat staar vir die DVD covers op 'n manier wat geen mens of ding ooit na gestaar wil word nie.  Die meer traumatiese aspekte van die winkel sal ek jul spaar, maar suffice to say dat ons decidedly vanilla gevoel het toe ons daar uitstap.  En ons het 'n behoefte gehad om herinner te word aan als wat heilsaam is in die lewe.  Hierdie lieflike bakkery oorkant die straat het tot ons redding gekom. 

Marsepein!  Veerligte pastry!  Fyn neute in als!  Koek is steeds die waarheid. 

2 comments:

Petro said...

Hahahaha! Hoe lekker lag ek vir die opskrif. Dit vat die koek!

Bileam se Donkie said...

Ja, nee, koeke is baie beter as terte!