May 9, 2011

ek verjaar! (1)

Ek is groot op verjaarsdae.  In die woorde van J: “Jy verjaar soos 'n agt-jarige.”  Which is true.  Verjaarsdae is vir my ongelooflik opwindend.  En hierdie jaar het ek nog meer rede om my lewe te vier – presies 'n jaar gelede het my post-hijackings nervous breakdown my uiteindelik heeltemal tot stilstand geruk, en nou, op my 26ste verjaarsdag, voel ek vir die eerste keer in 'n baie baie lang tyd weer soos myself.  Die beste weergawe van myself.  En om dit te vier het ek die hele Mei as my verjaardagmaand verklaar.  Ons begin met 'n uitstappie na die Melrose House Antique Fair saam met my vriendin R, waar ek 'n een of ander ou oom se home video oor hul reis deur Rhodesië in die 1950's gekoop het, en ek R kon bekendstel aan die wonderlike Poolse tannie en haar ongelooflike karpatka.  Ons eet Southern Carolina-styl burgers by Tribeca na die tyd, en die aand gaan ek en my gesin uit vir pizza, en maak ek 'n tafel vol geskenkies oop, onder andere 'n tuindwergie, wat twee van my siblings besluit het is iets waarsonder ek nie kan leef nie. 

Die dwergie het vir die res van die aand saam met ons aan tafel gesit, wat die ander gaste in die restaurant baie amusant gevind het.  Iemand het ook oppad uit vir my pa gevra of ons almal sy kinders is.  Ek dink dit het sy aand gemaak.

2 comments:

Marie said...

Dis happy woorde om te lees. Verjaar lekker, die hele maand.

Ekke said...

Baie geluk en seën met jou verjaarsdag, A! Ek hoop dis 'n fantastiese nuwe jaar, vol liefde, avontuur en lekker kos saam met die mense vir wie jy lief is!