Apr 7, 2011

peperkorrelvarkboud

Daar is tans bietjie van 'n charcuterie obsessie in hierdie huis.  Ek was op soek na 'n stuk vleis wat sal werk vir coppa, maar die slagter het my misverstaan en ek het met 'n stuk vark weggestap wat definitief nie gaan werk nie. 

Dit word nou aandete, met 'n baie goeie dosis van swart- en groenpeperkorrels, vinkelsaad, en knoffel wat oor die stuk gesmeer word voordat ek dit rooster.  Sug.  Ek's al klaar honger. 

Ns:  Oorspronklike inspirasie van hier.

0 comments: