Apr 28, 2011

kolwyntjies

Ek moet onverskoning vra vir die stilte – dit voel asof ek eeue laas gereageer het op jul kommentaar, of self gaan groet het op jul blogs.  Die laaste paar weke was beide ongelooflik besig, en taamlik van 'n emosionele warrelwind.  My M eis tans meer as 'n paar ponde vleis, en ek kom by min ander dinge uit.  Meestse van die tyd is ek exhausted, en net gatvol vir die hoeveelheid leeswerk wat nooit voel of dit minder word nie.  So vanmiddag het ek vroeg ophou werk, en kolwyntjies gebak.  Vanieljekoek, met 'n baie donker sjokoladeversiering, en fyngekapte heuningkoek bo-op.  Dit maak my gelukkig.

1 comments:

Marisa said...

Ja-nee, as ek so 'n hele tafel cupcakes gehad het wat vir my loer was ek ook nou super gelukkig.