Apr 26, 2011

gin and rhubarb


Dag vir dag neem ek stadigaan afskeid van die somer.  Dit is vir my moeilik, hierdie ding.  Ek is op my gelukkigste as die dae lank en warm is, in ligte rokkies met 'n glas koue wyn.  

In die groentewinkel loop ek onverwags rabarber raak.  Blosige stingels, 'n hele pakkie vol.  Tuis versnipper ek hul, gooi 'n bietjie suiker by, en stoof.  Druk die vrugtemoes deur 'n sif (my arme sif, hy gaan ook nooit weer dieselfde wees nie), en hou in die yskas vir 'n alternatiewe gin en tonic.  Au revoir, mon ami.

4 comments:

Marie-Louise said...

I feel you... Hierdie koue winter weer laat my sommer hartseer voel. Al is ek veronderstel om die hele experience te embrace.

Sal graag eendag jou gin en rhubarb proe. En daai glas van jou! Perfek vir pastis. Of Ouzo. Of, natuurlik, gin en rhubarb... :)

Marie said...

So snaaks dat dit in herfs verskyn. Hier is dit 'n harbinger of spring. Lyk baie mooi en lekker.

Anonymous said...

Lyk soos 'n pienk martini...

arcadia said...

Marie-Louise: Graag! Ek skink sommer vir jou 'n dubbel.

Marie: Ja, dis vreemd ne? Hier is dit 'n herfsding.

Anoniem: Inderdaad, ja ;-)