Apr 3, 2011

eend prosciutto: Ruhlman vs Van Gameren (1)

My dae is tans baie monotoon.  Ek lees eindelose hope boeke en artikels oor (basies) dieselfde onderwerp, maak notas en trek verbande en begin dan môre weer van vooraf.  Tussenin is daar klasse wat af en toe gegee moet word, en sessies by die gym, en dalk 'n aand uit hier en daar, maar meeste van die tyd is ek in my woonstel, werkend.  As afleiding het ek dus 'n binnenshuise uitdaging opgestel vir die volgende drie weke: Die Eend Prosciutto Uitdaging: Ruhlman vs Van Gameren.  Die idee is om twee verskillende charcuterie practitioners se metodes vir eend prosciutto uit te toets, en dan 'n wenner aan te wys.  Net vir 'n oomblikkie ligte vermaak tydens my dae van eindelose filosofie en filmteorie.

Vandag is ons by Stap 1.  Daar is twee eendborsies, wat tegelyk gecure sal word volgens die verskillende metodes.

Ruhlman: Plaas eendborsie op 'n bed van kosher sout, en bedek heeltemal met nog kosher sout.  Plaas in yskas vir 24 uur.

Van Gameren: Vir 'n borsie wat ongeveer 170g weeg, meng 15g kosher sout met 2,5g suiker, en smeer oor die borsie.  Los dan in die yskas vir 12-14 dae.

Let the games begin. 


Ns: En 'n groot dankie aan Marie, vir die Van Gameren resep.
Ns2:  Vir Pretorianers – eendborsies is nou, teen 'n baie bilikke prys, beskikbaar by Groenkloof Slaghuis in Lynnwoodweg.  Do it.

1 comments:

Ekke said...

Aai, jy het die vermoë om 'n mens altyd rasend honger te maak! Dit klink so ongelooflik lekker!