Apr 5, 2011

Baked se soet en sout sjokoladekoek


Soms lees mens van iets en bly dit in jou gedagtes maal totdat jy dit moet maak, net om op te hou dink daaroor.

Soos die soet en sout sjokoladekoek van 'n sekere bakerytjie in New York genaamd Baked.  Dit het een kyk na die foto van die hoĆ« smal koekie geneem, met die ligte vlokkies sout bo-op, om my te oorrompel.

Wat kan moontlik beter wees as die kombinasie van donker sjokolade en sout?  Wel, donker sjokolade, sout, en karamel.  O ja.  Feel it.  It is here.

Ek sal nie vir jul jok nie.  Hierdie is geen vinnige koek om te bak nie.  Daar's eers die beslag wat gemeng en gebak moet word, dan die maak van 'n effe souterige karamel om later in die koek in te syfer, en dan later nog 'n karamel-sessie om in die sjokolade versiering in te gaan.  Teen die einde van die hele sessie is jy gatvol vir staan voor die stoof en wag vir suiker om te karameliseer, en wens jy die hele proses kan nou net uiteindelik klaarkry, want jy is bloody moeg vir hierdie koek.

Maar dan versier jy hom die volgende dag, en eet die eerste snytjie, en verdwyn die eindelose bakproses se moeite soos die herinnering aan geboortepyn net voor 'n vrou wragtag weer 'n keer swanger word.

Red 'n volk.

4 comments:

Lily Turner said...

o, vir 'n stuk van hierdie koek...

Hanli said...

My. Oh. My. Ek gaan dadelik link na die resep toe, baie dankie.
(En, yeah, ek het ook onlangs daardie nuwe blok lekkerny raakgesien en aangeskaf. Very very nice, die salted caramel.)

Marisa said...

Skaam julle om my sjokolade lus so aan te wakker dat ek selfs 'n fellow blogger in die werk moet steek om die resep vir my op te spoor. Dit lyk verskriklik more-ish.

Anairam said...

Og, dit lyk heerlik. Lindt met seesout is my beste tjokkie, kort op sy hakke kom die een met chilli. Wie sou nou kon dink sulke goed sal werk met sjokolade?