Mar 19, 2011

tutorete

Ons departement se tutors was gisteraand hier vir ete, om 'n Nederlandse uitruilstudent te ontmoet wat vir 'n paar maande ons gange bewandel, die nimlike Gert-Jan.

Daar was lomo en adobo, varsgebakte brood, soetmielies met feta en kruisement, en Elizabeth David se tomatoes a la crème, waarvan die laaste druppels opgevee is met stukkies brood deur die klomp honger kinders wat, ek vermoed, baie lanklaas iets anders as two minute noodles geëet het.

Ek vra Gert-Jan oor sy ervaring van Suid-Afrikaanse kos tot dusver, en hy antwoord met, “Friday is Braai-day”, en “biltong is de manly candy”.  Daar het jy dit.

(Iewers sal ek dalk gaan grawe in my Afrikaanse wortels en vir die man 'n Boere-ete voorsit.  Ek het, per slot van rekening, nog nooit bobotie gekook nie.)

Poeding was salted caramel roomys, en blink sjokoladeballetjies.  En die huis staan alweer op sy kop. 

3 comments:

Marie said...

Manly candy. Nog nooit gehoor nie.

Ek wens ek't van bobote gehou. Dit kort backbone.

arcadia said...

Hmmm. Ek hou nogal van bobotie. Maar ek het absoluut daai AFrikaner liefde vir soeterige kos. Slegte bobotie is wel baie aaklig.

m-l said...

Sjoe, hoe lus is ek nou vir dinner party hou! Sal 'n plan moet maak...