Mar 2, 2011

tortillas de camarones

Ek lê  meeste van die middag op die bed en lees oor Eksistensialisme en die Gnostiek.  Maandag is daar 'n hoofstuk van my M wat moet ingelewer word, en ek het pas nog 'n paar bronne ontdek wat ek moet bywerk.  Iewers sing Rebecca Malope hard uit iemand se woonstel, die opsigter se twee kinders hardloop rond op die dak bo my. 

Tussendeur dink ek oor aandete.  (Om eerlik te wees dink ek al van vanoggend af oor aandete; dit gaan gewoonlik maar so.)  Vanaand eet ek tortillas de camerone, Spaanse shrimp fritters.  Gemaak van heelwat piepklein garnaaltjies, kekerertjiemeel, en groenuie.  Paprika.  En shrimp paste, wat so sleg ruik dat ek dit versigtig moet toeknoop in 'n plastieksak om te keer dat my hele kombuis nie na 'n dag soos 'n fermentasievat ruik nie. 

Die fritters word gebraai in vuurwarm olie, en ek sal hul eet saam met 'n glas witwyn.  Dalk twee glase.  Maar intussen lees ek:

More than two generations ago, Nietzsche said that nihilism, "the weirdest of all guests," "stands before the door." Meanwhile, the guest has entered and is no longer a guest, and, as far as philosophy is concerned, existentialism is trying to live with him. Living in such company is living in a crisis. 

Ns: Uit Hans Jonas se The Gnostic Religion

2 comments:

Hanli said...

Ek LOVE jou blog.

Anairam said...

O djirre,(vergewe die ekspletief), maar ek dink jy het sommer drie glase witwyn nodig. Ek het filosofie nog altyd so ... onverstaanbaar ... gevind. (Ek dink ek is eintlik te dom). Ek beperk my maar by die skrywes van Alain de Botton wat seker enige ernstige akademiese filosoof se hare laat rys. Maar ek het hoop vir jou want jou skrywes oor kos is altyd baie wonderlik om te lees. Ek dink jy moet so 'n paar resepte by die proefskrif inwerk. Ala Martin Versfeld miskien. Maar updated, obviously.
(PS N.a.v. jou vraag - my kinders is 30, 29 en 26. Maar eintlik is ek 'n nullipara, so hulle was persentjies.)