Mar 4, 2011

soetrissiepuree

Hel. Puree is nie juis 'n aptytlike woord nie, né? Maar in alle geval – daar's twee soetrissies in die yskas wat gebruik moes word, en 'n ou artikel van Mark Bittman oor wat jy als met 'n soetrissie kan doen het my opgeval. Rooster die soetrissies, trek hul skilletjies af as hul klaar gerooster het, en maak fyn. Ek het sout en peper bygevoeg, asook 'n stewige lepeltjie gerookte paprika. (Ja, hier word tans geweldig baie paprika in hierdie huis geëet.) Die eindproduk lyk alte pragtig.


Nou moet ek net gebruike daarvoor vind. Enige idees?

2 comments:

Marisa said...

Wel dit sal'n heerlike toevoeging maak tot 'n tuisgemaakte hamburger of 'n geroosterde groente toebroodjie. O en ek's mal oor jou countertop.

Marie said...

I think the cellphone would taste delicious, dipped into it...