Mar 15, 2011

roerbrood

Min tyd vir brood bak deesdae.  So die laaste paar weke bak ek meestal my go-to roerbrood, eenvoudig en vinnig.  Vier koppies meel (wat ook al jy ingooi, myne is gewoonlik 'n kombinasie van broodmeel, volgraanmeel, en semels), 'n pakkie kitsgis, 'n eetlepel sout, en 'n eetlepel suiker.  Voeg genoeg louwarm water by om 'n natterige deeg te maak, roer om seker te maak als is deeglik gemeng.  Laat rys, en bak wanneer die deeg verdubbel het. 

(Heerlik vars, ook besonder lekker as roosterbrood, met beleë cheddar, en rooibostee.)

4 comments:

Carolize said...

Pragtige foto, en die brood lyk heerlik. Skaapwagtersnye!
Ek skryf terstond die resep neer.

Marie said...

Dis die brood waarmee ek groot geword het.

Colleen said...

Oooooh, this is the type of bread recipe that I just love. Thank you for sharing. My first time on your blog and am loving it. xx

arcadia said...

Carolize: Dankie! Die resep is regtig 'n wenner.

Marie: Jy is gelukkig.

Colleen: Thanks so much!