Mar 6, 2011

papawersaadkoek


Dis vroeg.  Ek het nog nie nat of droog oor my lippe gehad nie, maar vanoggend net opgestaan, gestap kombuis toe, en die oond aangesit.  Oor 'n paar uur vertrek na my ouma vir 'n blitsbesoek, en daar moet koek saamgeneem word. 

Het ek al ooit genoem hoe obsessief die vrouens aan my ma se kant van die familie is oor koek?  My ma, haar twee susters, my ouma, en ek.  As ons vyf saam is is koek die belangrikste element verbonde.  Ons eet koek, ja.  Maar ons gesels ook oor koek, ruil koekresepte uit.  Bak nog koek, gaan na die enigste coffee shop op Orkney, waar my ouma woon, en eet daar koek. 

(Een van my tannies, wat in Ierland woon, stuur elke jaar voor haar kuier hier by ons 'n lys van koek wat sy graag sal wil eet, wat meeste van die tyd 'n gebakte kaaskoek insluit as die heel belangrikste.  Blykbaar is die Iere se weergawe nie te watwonders nie.)

But I digress.  Vir ons vinnige 36-uur besoekie aan my ouma bak ek 'n papawersaadkoek, met suurlemoen.  Dit het 'n vreemde metode, en nog vreemder bestandele – agt eiergele op 'n halwe koppie meel, 'n halwe blok botter, en dan nog 'n halwe koppie maizena daarby?  (Ek dink nie ek het al ooit soveel maizena vir enige iets gebruik nie.)  Maar die eindproduk is beautiful.  'n Goeie tekstuur, 'n subtiele suurlemoengeur, en die kners van papawersaad in elke happie. 

Perfek vir tee op die stoep, veral as daar 'n ouma betrokke is.

Ns: Die oorspronklike resep is vanaf Smitten Kitchen.

2 comments:

Anairam said...

O, dit lyk baie lekker! Kom dit saam met 'n poppiesaadhandspie"eltjie? Ek is altyd te bang om in die openbaar poppiesaad-enigiets te eet. Want dan moet ek my mond na die tyd hou en dis te moeilik.

Anna F said...

Ag , verlang ek nou..