Mar 17, 2011

ping gai hoender

As ek 'n week terug oor ping gai hoender geskryf het, soos oorspronklik die plan was, was hierdie 'n heel ander post.  Sien, ping gai het my verlei.  Die klein stukkies hoender wat so lieflik begin verbrand het plek-plek, die feit dat dit van Laos kom (ja, ek is nie imuun teen die lure of the exotic nie), die feit dat jy die hoender gaar maak onder jou roosterelement, wat ek nog nooit gedoen het nie.

Maar sien, die resep steun op 'n allemintige hoeveelheid koljander.  En mense – ek sit nie my mond aan koljander nie.  Finish en klaar.  Daar is baie vreemde goed waarvoor ek 'n smaak sal onwikkel (chocolate chip cookies met fyngemaakte chips binne-in, enigeen?), maar koljander gaan my verbygaan vir die res van my lewe.

Maar die ping gai resep beloof dat *selfs mense wat koljander haat sal mal wees oor die hoender.  En ek was, die eerste keer wat ek dit gemaak het.  Ek kon nie die koljander proe nie, al was daar 'n hele bossie op my hoenderdytjies, verpulp saam met knoffel en sojasous en vissous.  Dit was net heerlik geurig, savoury, kruierig.  Maar sonder die gag reflex wat koljander meebring.

Toe maak ek dit 'n tweede keer, so opgewonde oor my nuwe kulinêre vonds uit Laos.  En hierdie keer, red 'n volk, was die koljander oorweldigend.  Dit was orals.  En ek het uiteindelik 'n sny roosterbrood vir ete gehad, die dytjies verlate.

Dalk moet ek dit 'n derde keer probeer, maar ek kan dit net nie oor my hart kry om moontlik weer 'n hele pakkie hoenderdytjies te moet weggee aan iemand nie.  Ek en koljander is nou eenmaal net nie BFF's nie.  Basta.


 *En eintlik haat ek dit as mense sulke claims maak.  Soos dat mense altyd, altyd, as ek noem dat ek nie hou van boontjiesop nie, vir my sê dat dit net is omdat ek nog nooit hul boontjiesop geproe het nie.  En dan proe ek hul boontjiesop, en hou nie daarvan nie.  Trust me, people.  EK HOU NIE VAN BOONTJIESOP NIE. 

3 comments:

Marie said...

Must be a chemical thing. A good friend, deeply interested in food and cooking HATES coriander leaves. Won't touch them, like you. Ek het hulle eers begin eet in New York, en kan nou nie aan Vietnamese kos daarsonder dink nie. Maar se vir my, hoe voel jy oor die saad? Dis mos 'n ander storie...

Adele said...
This comment has been removed by a blog administrator.
arcadia said...

Marie: Die saad is geen probleem nie, ek hou baie daarvan. Maar ja, die blare is niks lekker vir my nie.