Mar 9, 2011

pancetta, weer


Dis weer tyd vir pancetta.  By my ouma in Orkney het ek 'n pork belly opgespoor in die slaghuis, net om nou pas, toe ek tuis die hele mengsel van knoffel, jenewerbessies, curing salt, tiemie, kosher sout, baie peper en bruinsuiker bymekaar gevoeg het, besef die belly het nog 'n paar beentjies in.  Wat beteken dis nie geskik vir pancetta nie.  Red 'n volk.  Nou's dit weer ek en 'n nuwe slagter se pork belly môre, wat my nors aankyk omdat ek hom vra om die vel van die belly te verwyder.  Hoekom is alle slagters nie glimlaggende vorste van vriendelikheid nie?

1 comments:

Carolize said...

Hahaha, "glimlaggende vorste van vriendelikheid" - wat 'n lieflike frase.