Mar 24, 2011

pancetta, weer (3)


Dis 'n stil dag vandag.  Daar is geen klasse om te gee nie, en ek werk tuis.  Die hele oggend lees ek aan artikels oor Michael Haneke se werk, onderstreep, maak notas.  Na middagete (pasta, preie konfit, parmesaan), rol ek die pancetta.  Ek was eers al die cure af, en maak die stuk vleis dan versigtig en baie deeglik droog.  Stamp peperkorrels fyn, en smeer oor die een kant, voor ek begin rol.  So styf as wat ek kan, om seker te maak daar's geen ruimte vir Bak en Terie om huis te maak nie.  En dan hang ek dit aan 'n stoel in die gastekamer (wat deesdae as die Pancetta Stoel bekend staan), waar dit saggies in die wind wieg.  Dit sal gereed wees vir die herfs.


Ns: Ek besef dat hierdie nogal onaptytlik lyk.  Maar wees gerus - die eindproduk is heerlik.  En ja, mens hang dit net so, sonder enige iets oor dit, en nie veel gaan fout nie.  Solank die kamer waarin dit hang koel is het jy nie 'n probleem nie; ek is op die vierde vloer van my gebou so insekte is gelukkig ook nie in die rondte nie, ons is te hoog.  En tweedens besef ek dat my knope en touwerk veel te wense oorlaat - ek blameer dit weereens op die feit dat ek vir net twee weke 'n Voortrekker was.
Pancetta, weer (1)
Pancetta, weer (2)

8 comments:

Hanli said...

Pilates-pancetta.

Anna F said...

Vrot sulke vleis nie? Of verklap ek nou net my eie onoselgeit.

jvdh said...

Anna - dis juis die uitdaging. Maar biltong oorleef, die is dalk net meer tricky.

A - Ek sal jou volgende keer dinge wys met toue en knope.

arcadia said...

Hanli: Inderdaad. Behalwe dat die pancetta nie sweet nie.

Anna F: Voor jy die pancetta hang word hy eers gecure met iets wat hul noem curing salt, basies 'n kombinasie van sout en salpeter, wat verhoed dat die vleis later vrot word.

Jvdh: Ek sien uit daarna.

Marie said...

Wahhhhhhhhhaaaaaaahahahahaha! Dis fantasties!

Ekke said...

sushi biltong?

Marie said...

I have to confess: dis nou die derde keer vandag wat ek na hierdie stuk vleis kom kyk. Dit laat my beter oor alles voel.

Dis die S en Mste stuk vark nog ooit.

jvdh - moet haar niks wys nie.

En moenie dink ek was al braaf genoeg om pancetta te try nie. I'm still licking my duck prosciutto wounds :-)

arcadia said...

Marie: Ek is bly dit verskaf iemand anders ook plesier. Elke keer as ek daar verbystap smile ek. En hy wieg so mooi as daar 'n windjie by die venster inkom.

Ek is nou juis besig met my eerste duck proscuitto ook. Op twee metodes - die Ruhlman resep, en die resep wat jy gekry het by daai Van Gameren man van Charcuterie Sundays (via J, hy het dit nog gehad in 'n epos wat jy vir hom gestuur het) ... sal binnekort post daaroor.