Mar 11, 2011

pancetta, weer (2)

 Goed.  Die tweede pork belly van die week is beenloos.  Ongelukkig ook, met die vel wat afgehaal is deur die slagter, nogal mishandel .  En dis nie, soos wat jy eintlik verlang, deurgaans ewe dik nie.  Daar is ook 'n groot gat in die middel van die belly waar, ek vermoed, die slagter se mes gegly het.  Oh well.  Ons sal maar sien hoe dit uitwerk.  Die cure is opgesmeer (ek gebruik weer Ruhlman se resep, soos vroeër), en nou lê dit in 'n plastieksakkie in die yskas, vir 'n week.  Dan kan ons ophang.  Hooha.


0 comments: