Mar 30, 2011

koftah met za'atar en pistachio

Na die epiese gekokery van die naweek het ek die laaste paar dae nie kans gesien vir 'n stoof nie.  Buitendien was daar 'n yskas vol oorskietkos wat gewag het.  Maar gisteraand het ek my weer gewend na die kombuis, uiteindelik weer skoon, met elke bord en glas op sy plek.  Vroegmiddag het ek deeg vir flatbread aangemaak, en later 'n koftah mengsel van gemaalde bees en vark, met baie sumac, za'atar, paprika en pistachioneute.  Geëet terwyl ek nuus kyk, met genoeg tahini, yogurt propvol kruisement, rou rooiuieringetjies, tamatie en komkommer. 






Ns: Oorspronklike inspirasie van Jamie Oliver.

0 comments: