Mar 8, 2011

braaivleis

Terwyl ons by my ouma was het ons nie net op die stoep gesit en koek eet nie.  Ons het ook gebraai.  Of eerder: ek het gebraai.  Vir die eerste keer in my lewe, van begin (pak die vuur), tot einde (kry die vleis op die tafel).  Ek is nie seker hoe dit gebeur het dat ek nog nooit vantevore hierdie ondervinding gehad het nie, behalwe dalk dat dit blameer kan word op die feit dat ek vir net twee weke 'n Voortrekker was, iewers lank terug in Sub A.  My ma en ouma was nie vreeslik baie hulp nie – hul het ook nog nooit gebraai nie. 

Die aanvanklike vuur was nie veel werd nie, en ek het rondte 2 aangepak.  Teugend aand 'n Black Label, terwyl my ouma in afgryse aankyk.  Met behulp van baie opgefrommelde koerantpapier en klein stokkies het ek die vuur uiteindelik aan die gang gekry, en later is daar gebraai.  En ja, voor almal vir my begin verduidelik dat ek te veel vleis op een slag op die rooster gesit het:  Ek besef dit.  Maar ek het skielik besef die vuur word vinnig koud en ek was bang nie als gaan gaar word nie.  So, ja.  Live and learn. 

5 comments:

Anna F said...

'n Allemintige klomp vleis vir net drie mense..

Ekke said...

As amptelike braaier van die familie wil ek jou graag geluk wens- die vleis lyk baie lekker op die rooster gepak, die black label is 'n absolute moet, want 'n goed gemarineerde braaier maak beter kos. Trots op jou!

Marie said...

Nou huil ek eers.

Dis 'n perfekte klomp vleis vir drie mense :-)

Ek is mal oor vuurmaak en braai.

Adele said...

Daai sosaties! Ek's baie impressed met jou effort. My broer het altyd iets te se^ as ek op die "vuurmaak komitee" is.

arcadia said...

Anna F: Ons het net die helfte geeet, ek belowe :-)

Ekke: Dankie!

Marie: Ja, as dit nie so duur was nie het ek jou gebel daai aand vir tips. Jy lyk altyd soos 'n kranige braaier.

Adele: Ja, my broer ook. Bliksems.