Feb 1, 2011

uieringe

Lang dag by die werk.  Irriterende studente met simpel vrae, 'n eindelose hoeveelheid werk wat moet klaar.  En 'n mismoedigheid oor die afstand tussen my en J, hoe ver alles tans voel.  Aandete is 'n stukkie steak, vinnig in die pan gebraai in bietjie botter en olyfolie, en uieringe.  Die uieringe word nie gebraai nie maar in die oond gebak, net na hul gedoop is in karringmelk en gerol is in fyngemaakte aartappelskyfies en 'n paar speserye.  Geëet voor die televisie, op die bank.

3 comments:

Marie said...

Klink lekker. Nie die afstand nie...

Snowman said...

uieringe ftw.

Adele said...

Klink baie lekker. My man en ek het vir 6 maande die langafstand ding gedoen, so jy het my simpatie.