Feb 19, 2011

somersaandete, middel van die week


Ek het die jaar sonder nuwejaarsvoornemens begin, maar nou, amper twee maande te laat, het ek van plan verander.  My voornemens vir hierdie nuwe jaar is om te probeer om een keer 'n week mense oor te nooi vir ete.  Nie met vyftien mense aan tafel soos my reuse dinner parties wat gewoonlik ly aan 'n gebrek aan stoele en parkering by die woonstel nie, maar met een gas, of drie of vier, sommer in die middel van die week.  En nie vyf gange soos die groot dinner parties waaraan ek gewoonlik weke lank beplan en dae lank kook nie, maar net hoofgereg en poeding, maklik-maklik, en billik, en wat nie te tydrowend is nie sodat ek dit nog kan inpas tussendeur die eindelose lesery en klasse en flieks wat moet gekyk word.

Daar sal steeds die super size dinner parties wees, met temas en fanfare, maar nou is daar meer dikwels mense in my huis, en om my tafel.

Soos Donderdagaand, met Ami, haar man, en ons vriend A.  Ek het Casa Moro se flatbreads gebak, en ons het dit geëet saam met heerlike tahina, stukkies komkommer, groen uie, sumac en warm, bros falafelballetjies.  Daar was wyn, en 'n yskoue beker hibiskustee en 'n sjokoladetruffelkoek vir poeding.  En gesprekke.  Oor Mummenschanz, die trauma van tuisgeboortes, en die wonder van WWE rofstoei.  Ja.  Sulke aande sal van nou af veel meer dikwels gebeur.  Dis nou maar wors.  



4 comments:

Anna F said...

klink goed!

Hanli said...

Oh man, dit lyk lekker.

Marisa said...

Wat 'n menu! Laat weet maar as jy ooit 'n tekort aan aandete gaste het... ;-)

arcadia said...

Marisa - laat weet as jy ooit in hierdie deel van die we^reld is, dan maak ons 'n plan!