Feb 3, 2011

melitzanosalata

Olympia Café maak 'n heerlike melitzanosolata.  Hul verkoop dit in klein bakkies agter in hul deli, baie glad en geurig, wonderlik op 'n stukkie roosterbrood.  My eie probeerslag is allesbehalwe suksesvol.  Die rou knoffel in die resep is so skerp 'n mens se hele mond brand na 'n happie, die eiervrug kan skaars geproe word.  Niks wat ek byvoeg maak 'n verskil nie, selfs nie toe ek 'n bietjie in 'n pan warm maak om die knoffel gaarder te kry nie.  Asblik toe dan.  Sug.

1 comments:

Adele said...

Ek het gister 'n hele batch koekies weggegooi, dit was goor. En nogal 'n Martha S resep, nie seker wat verkeerd geloop het nie.