Feb 22, 2011

lomo en adobo

Vanaand se ete:  'n Varkfilet wat gemarineer is, volgens Elisabeth Luard se aanwysings, in baie pimenton, origanum, tiemie en knoffel.  Jy maak die kruie en speserye fyn, gooi 'n lourierblaartjie en genoeg sout en peper by, en maak als nat met olyfolie.  Smeer oor die lang stuk vleis, en draai in foelie toe.  Los hom in die yskas vir 'n paar dae, tot hy gaargemaak moet word.  Baie goedkoop, ongelooflik geurig en sag, en alhoewel ek myne op die stoof braai kan ek jul nie laat gaan sonder Elisabeth se beskrwing nie -

Grilled over vineyard clippings and popped into a crisp-crusted, dense crumbed white roll, this is the fast food of Rioja. 

(Lyk my als is beter in Spanje, selfs die kitskos.)

Ns: Die resep is uit Luard se The Food of Spain and Portugal, wat my elke jaar ure lank besig hou by J se ouerhuis in Simonstad.  

4 comments:

Marie said...

Muchas gracias! I think you just changed my supper plans.

arcadia said...

Groot plesier! Ek is nogal smitten, wil dit net heeltyd maak.

Hanli said...

O ja. Ek gaan môre 'n skyfie vark aanskaf. Ek wil later die jaar na Barcelona. Wil jy saam?!

arcadia said...

Ek gaan enige tyd weer Barcelona toe, dis fabulous!