Jan 8, 2011

Vietnamese slaai

Ons het die laaste ruk te veel geëet.  Kersfees, nuwe jaar, dinner parties, kuiers.  Dit is dus tyd vir slaai.  Nigel Slater se Vietnamese slaai, om presies te wees.  Slaaiblare, wortelstokkies, komkommer, tamatie, kruisement.  Geen watercress of koljanderblare nie, want ek kan dit nie verdra nie.  Die dressing bestaan uit die sap van 'n lemmetjie, 'n rissie of wat, fish sauce, sweet chilli sauce,  lemmetjieblare, en 'n titseltjie suiker.  Braai 'n stukkie steak, sny in dun skyfies, en drapeer bo-op die slaai.  Eet.  Maar nie te veel nie. 

1 comments:

Adele said...

Nigel Slater is beslis die waarheid. Bly om te hoor julle Kerslfees was lekker. Ek het nou die dag 'n foto van myself gesien wat Kersfees geneem is, en ek wonder hoekom ek nie agtergekom het hoeveel gewig ek opgetel het nie! Sal maar ook bietjie slaaitjies moet eet.