Jan 2, 2011

Ottolenghi aartappelslaai

 Ek lees nog altyd Yotam Ottolenghi se rubriek in The Guardian.  En toe skielik publiseer hy 'n kookboek en raak die hele wêreld fans.  Ek haat dit as dit gebeur.

Waarvan ek wel hou is sy aartappelslaai.  Ek moet by voorbaat noem dat ek nie, soos baie ander mense, 'n probleem het met aartappelslaai nie.  Daar is genoeg van 'n liefde vir crimplene kos in my dat ek bankvas staan agter die tradisionele aartappelslaai.  Mayonaise en hardgekookte eier het nog nooit enigiemand doodgemaak het nie, after all.  Wel, dalk het dit.  Maar dis te vroeg in die jaar om besig gehou te word met sulke morbied gedagtes.  But I digress.  Ottolenghi se weergawe vervang die mayonaise met jogurt, en die eier met watercress.  Hy roer ook horseradish by, en heelwat olyfolie, en 'n paar versnipperde groenuie.  Dit behoort heerlik te gaan saam met braaivleis, of enige somerskos wat op 'n stoep bedien word.  Ons is immers nog op vakansie. 

0 comments: