Jan 30, 2011

olympia

Ek het gisternag vir ure lank gedroom hoe ek hierdie spesifieke stuk koek, 'n neuterige sjokoladekoek met 'n vreeslike stuk ganache bo-op, wat ek een keer 'n jaar eet as ek by Olympia Café uitkom, probeer opspoor in Pretoria.  Hoe ek dae lank soek en soek en orals daarvoor uitkyk, en (natuurlik, thanks for nothing, Pretoria) nie vind nie.  Ek kort 'n nuwe stad.



3 comments:

Adele said...

Hel, dit lyk lekker. Dit sal my ook wakker hou in die nag.

Jeanne @ CookSister! said...

Dit is nogal 'n vreeslike stuk ganache...! The stuff of dreams indeed.

Carolize said...

"Pretoria, thanks for nothing" - dikwels my sentiment ook.