Jan 6, 2011

dragon, en dragonasyn

Vanoggend het ek 'n bossie dragon by die groentewinkel gesien en dadelik opgeraap - vars dragon is so skaars soos hoendertande.  Vanaand sal ons van dit gebruik vir bearnaise, dalk saam met frites en 'n stukkie steak.  Die res word gedompel in 'n Consol bottel saam met rooiwynasyn wat verhit is, sodat die asyn kan infuse word met die krui.  Daar lê nog baie bearnaise in my toekoms, lyk dit. 

0 comments: