Jan 17, 2011

arkadia dag 7 - 8



Ons het twee idees wat tradisioneel plaasvind net voor vertrek.  Die eerste is die aand voor die tyd, waar J knoffel en komyn en koljander fynstamp en met olyfolie in stukkies rump invryf, en ek frites bak en bearnaise maak en in die kombuis rondspring om seker te maak als is gelyk gereed.  Dit is, soos J tereg genoem het, 'n ete wat 'n mens se aandag momenteel aflei van wat die volgende dag voorl√™.  Dit is ook donders lekker.

Die volgende oggend, die laaste ete saam, is altyd plaatkoekies met suuroom en kaviaar.  En sjampanje.  Die kaviaar is hierdie keer uit Hongarye, die sjampanje 'n bottel Prosecco.  Die tradisie het begin net voor J oorspronklik weg is, in die dae tot ons nog geheel en al onseker was oor wat die toekoms sou bring.  Ek het aan tafel gesit en staar na die oorskiet kaviaar en gehuil terwyl J klaar gaan pak het. (Ek is deesdae heelwat beter.  Daar is nie meer enige oorskiet kaviaar nie.)





1 comments:

Adele said...

My ma het vir 'n paar jaar in Budapest gebly, en ek en my boetie het bottels van daardie kaviaar opgeeet.

Bly om te hoor daar is nie meer oorskiet nie ;-)