Jan 12, 2011

arkadia: dag 3

Ons sit die hele oggend by Exclusive Books, drink koffie en blaai boeke deur.  Baie min fiksie hierdie keer, meestal geskiedenis, argitektuur, reis.  Die kookboeke stel teleur.  Behalwe die Culinarias.  Ons besluit om Culinarias te begin aankoop as ons weer saam op een plek woon; boeke wat 4kg+ weeg word nie so maklik by tasse ingepak nie.

Die aand is daar 'n stuk pork belly wat rooster in die oond.  En gekruide suurlemoen couscous.  Slaai met baie songedroogde tamaties.  Nog wyn.

2 comments:

Anairam said...

Og, jy kook darem altyd sulke lekker kos - waar kry jy die energie? (Exclusive-boeke-browse is 'n baie lekker aktiwiteit - maar hulle is ook maar nie meer wat hulle was nie.)
O genade, my woordverifikasie is "decons" soos in "deconstruct". Het jy dalk 'n Derrida ook by EB beskou?
PS Die wind waai al weer. Ek word nog kens een van die dae, en dit sal nie van ouderdom wees nie ...

Adele said...

Goeie ou EB, ek mis dit vreeslik. Het self nie 'n Culinaria nie, maar kyk al lankal na hulle. Baie impressed met jou pork belly.