Dec 9, 2010

toledo, en marsepein

Een bewolkte dag in Madrid het ons die trein geneem na Toledo.  In die land van Don Quixote, met klein, besondere nou straatjies wat om en om loop tot hoog teen die dorpie se heuwel op.  Daar was bitterlik baie toeriste, wat die plek effe vir ons gekleur het.  Maar daar was ook 'n pragtige meswinkel waarin J heelwat tyd spandeer het, en daar was meer marsepein as op enige ander plek waar ek al ooit was.

Almal in Toledo, wil dit blyk, maak marsepein.  Daar is talle klein houtraamwinkeltjies met vensters vol verskillende vorms en groottes en geure.  Die beste marsepein, so het ons verneem, word gemaak deur die dorpie se nonne.

Ons het 'n klein stukkie gekoop, wat vir jou oor die toonbank oorhandig word saam met 'n wit vierkantjie servet.  Met klein dennepitjies net waar jy byt. 

2 comments:

Adele said...

Weet jy, so lekker as wat daardie balletjie marsepein lyk, hou ek niks daarvan nie. Marsepein en Turkish Delight, ek dink dit is die tekstuur wat my afsit. Miskien eendag as ek groot is.

arcadia said...

Ja, my pa voel presies dieselfde, sit sy mond nie aan die goed nie. By the way, ek dink al heeldag aan jou gemmerbroodhuisies!