Dec 23, 2010

kersfees, amper

Hierdie was veronderstel om 'n post te wees oor die laaste van my Kersgebak; 'n Peter Reinhart stollen, en 'n groot sjokolade panforte, wat in skywe gesny is vir geskenke.  Maar met J se gesukkel om weg te kom uit Engeland is dinge meer deurmekaar as wat ons gedink het dit sou wees.  So daardie post gaan nie nou geskryf word nie; ek is oppad bed toe voor ek solank alleen vlieg na J se gesin in Simonstad, waar ons almal reikhalsend uitsien na sy koms.  Intussen sal ons onsself besig hou met al die lebkuchen en die speseryneute en die stollen, en 'n groot skyf panforte.  Gese├źnde Kersfees, liewe lesers.  Mag jul Kerstyd ongelooflik opwindend wees.

3 comments:

Marie said...

Vlieg lekker.

Reikhalsend. That's a first for me.

Lily Turner said...

daai woord het vir my ook uitgespring. reikhalsend. dis beautiful. ek was gister in Simonstad en dit was heerlik. vakansierig, roomys, kinders wat speel.

Adele said...

Geseende Kersfees vir julle ook!