Dec 19, 2010

hibiskusystee

Terwyl ek in Engeland was het ek en J vir amper 'n maand lank sy studieleier se huis opgepas terwyl die en sy vrou in Turkye gereis het.  Buiten die groot kombuis, dubbeld die grootte van my kombuisie in Arkadia, was daar ook 'n luscious tuin.  Met 'n houttafel wat die eienaar van die huis self aanmekaar getimmer het.  Daar het ons middagetes en aandetes geëet terwyl ons die twee katte in ons sorg probeer oorreed om van ons te hou, 'n projek wat meestal hoogs onsuksesvol was.  En ons het mense oorgenooi, vir 'n aand van pizza en brownies, en ystee.  Hibiskusystee.  Hibiskustee is 'n wonderlike ding, 'n diep karmosynkleur en suur op die tong.  Dis ook heerlik koud.  J het my oorreed om hierdie keer 'n kaneelstokkie, steranys en kardamom by die tee te voeg terwyl dit trek, en hy was reg; dit gee die eindproduk 'n heerlike diepte in terme van geur.  Ons gaste was wel lugtig vir die vreemde tee.  Is daar drank in?  Waarvan word dit gemaak?  Is hibiskus dan nie 'n blom nie?  Is ons seker dit is nie toksies nie?  Oh, well.  Dit het beteken daar was meer vir my. 

Ns: J is toe nog nie hier nie.  Die sneeu op Heathrow het beteken dat hy nie kon uitvlieg nie, en ons wag steeds op 'n vlug vir hom.  Intussen drink ek slegte Spaanse wyn en wag vir nuus.  Beter dae. 

5 comments:

Marie said...

Ugh! Ek bedoel mooi tuin en alles, maar sneeu wat hom keer? Ek is jammer. Sterkte in die stryd. xxx

arcadia said...

Ja, na langer as 'n dag se gewag op heathrow lyk dit nou of hy uiteindelik donderdag in die land sal kan aankom. Die arme man is exhausted.

Marie said...

Donderdag!? Ag jislaaik. Ek is baie jammer daaroor. Julle is klaar onder soveel druk met die aftstand. But happy landings, en voorpoed. Lekker dae kom...

Adele said...

Ek haat dit as mense vir my se^ Look at the bright side, maar ten minste is hy hier vir Kersfees. Intussen is daar altyd wyn.

Anairam said...

Die hibiskustee klink nogal verfrissend. Ek moet egter s^e dat ek bietjie grillerig is vir blomme in kos. Ek sal die ou blommetjies in die slaai eet, maar net as iemand dit nou spesiaal vir my gemaak het. Dan ook maar langtand. Ek wonder hoekom? Ek dink baie mense het 'n aversie aan blomme in kos - 'n paar jaar gelede het 'n vriendin vir my 'n bottel ingelegde blomme gegee - ek kan nou nie onthou wat dit was nie, so donkerpienkerig, en ek het vir 'n Valentine's party die goed in sjampanje gegooi - dit het nogal stunning gelyk, maar niemand wou dit eet nie!
PS Ek hoop tog jou geliefde kom betyds aan! Dit is my krismiswensie vir jou.