Dec 5, 2010

dinner party

Ek is vas oortuig dat deel van hoekom ek op aarde is is om dinner parties te hou.  Om 'n tafel te hê waar verskillende mense ontmoet en bevriend raak, om die weerloses te sus met heerlike kos, om fairy lights op te hang en kerse aan te steek en blomme in potte te plaas en om die grill aan te vergeet en te gil “fok fok fok” terwyl ek weer in die kombuis inhardloop en al die gaste lag.

Die laaste jaar was moeilik.  Dit was 'n kulminasie van twee jaar se opbou van post-traumatiese stressimptome en groeiende depressie tot by 'n eventuele nervous breakdown.  Vir lank het ek nie kos gemaak nie, nog minder die energie gehad om dit vir enige iemand anders te doen.  Maar ek is, uiteindelik, in recovery, en stadig maar seker het ek weer opgewonde begin raak oor kolwyntjiepanne, en chipotle rissies, en vier-gang maaltye voorsit vir amper twintig gaste, met 'n klein oond en 'n klein kombuisie in Arkadia, net duskant die Uniegebou, die liggies van die 224 wat skyn in die nag. 

'n Paar dae gelede het ek 'n tafel vol mense gehad wat mekaar nog nooit ontmoet het nie.  Daar was wyn, en sjampanje, en 'n sjokoladetruffelkoek.  En vir hoofgereg – peking vark.  Ek het die eerste keer daarvan gelees in 'n restaurantresensie van die faux-Polynesian restaurant The Hurricane Club, en sedertdien uitgevind dis ook hoe David Chang dit voorsit by sy Momofuku.  Pork belly word stadig gerooster totdat dit heerlik sag en geurig is, en dan bedien saam met stukkies komkommer, groenui en hoisin sauce, in peking duck-styl, met klein pannekoekies.  Dit is orgasmies. 

My gaste het tot vroeg in die volgende môre geëet en bottel na bottel wyn uitgedrink terwyl daar gesels is oor white guilt en Facebook as die Antichris en Courbet se Origin of the World, en die volgende oggend was my eetkamertafel vol gebruikte borde en glase en stoele wat orals rondstaan.  Net soos dit hoort. 


'n Paar notas oor die peking vark:

Ek het 'n stukkie pork belly met vel gekry, en die slagter gekry om die vel vir my kruis en dwars te sny.  Doen dit, anders sukkel jy jou gat af om dit self te doen.  Die aand voor jy dit wil bak, kook 'n ketel water en gooi dit oor die vark (wat jy op 'n staalrakkie staangemaak het), sodat die diamantjies op die vel mooi prominent uitstaan.  Vat kosher sout en vryf dit tussenin al die groefies, en oor die vleis aan die onderkant.  Laat dit staan vir 'n dag, en die volgende dag voor jy dit wil gaar maak was jy die sout af, en maak obsessief droog, anders gaan die vel nie behoorlik crackle nie.  Jy sout nie weer die vleis nie, maar varsgemaalde swartpeper is inderdaad welkom.  Intussen het jou oond so warm geword soos wat hy kan word, en daarin begewe jy jou varkie totdat die vel begin oppof.  Hou aan loer, maar na so halfuur behoort jy te kan agterkom dat dit nie veel verder gaan uitdy nie, en stel dan die oond af tot baie laag, omtrent 120ºC, en los dit daarin vir 'n paar ure.  Sodoende het jy heerlike sagte vleis, en uiters seductive crackling.  Sny in dun strokies aan tafel.

En 'n paar notas oor die pannekoekies:

Daar is twee tipes pannekoekresepte wat die rondte doen vir peking duck.  Een behels 'n beslag, die ander 'n deeg.  In my ervaring lewer die beslagresepte 'n sagte pannekoekie te naby aan ons tradisionele pannekoek, wat nie lekker is vir ons huidige doeleindes nie.  Die deegresep is meer werk, maar werk beautifully.  Jy maak 'n eenvoudige deeg van meel, sout en water, laat dit 'n rukkie staan sodat die gluten kan ontspan, en verdeel dit dan in klein bolletjies.  Elke bolletjie word gesmeer met sesamolie, 'n tweede bolletjie word bo-op geplaas, en albei word saam uitgerol, as een plat stukkie deeg.  Dit word so gebak, en uiteindelik uitmekaar getrek as dit gaar is, sodat jy met twee pragtige dun pannekoekies sit.  Dis moesaam, maar strangely meditative.

7 comments:

Lily Turner said...

wonderlik wonderlik wonderlik. ek is SO bly jy voel beter. en ek hoop ons beland eendag saam aan tafel.

Marie said...

Fantasties.

Ek wens ek kon vir jou net een pork bun bring van Momofuku! Die buns self is totally scandalous, asof 'n mens aan 'n naakte mens eet...tender and pale.

OK, ons moet nou regtig 'n plan maak oor eet vir wanneer ons almal in die Kaap is. Pick a date. Myne is vanaf die 22ste, julle s'n is tot die...2de Januarie? Vince arriveer die 31ste. My ma se al klaar daar is 'n lunch under the tree met baie stoele unoccupied, op die 1ste, maar ek weet jul vertek die volgende dag en dit mag te stressed wees. Laat my weet wat werk.

Adele said...

Dis PRESIES hoekom ek ook op aarde is! Ek was nog nooit erg oor vark nie (behalwe bacon en ham), maar deesdae probeer ek dit bietjie meer. Ek het pork belly by ons local gehad en dit was gorgeous. Great post, baie dankie.

arcadia said...

Lily: Dit sal heerlik wees!

Marie: Daai pork buns klink orgasmies. Ek het die ander dag 'n hele artikel gelees wat NET daaroor gegaan het. Die arme Chang raak seker gatvol daarvoor.
Oor Desember - ons is tot die 4de daar, so die 1ste might very well work. Laat ek bietjie by J hoor wat hy dink, dan mail ons jou. Opwinding!

Adele: :-)
Pork belly moet lank en stadig gaargemaak word, anders kan dit baie taai raak. Maar hierdie keer kon ek nie uitgeeet raak aan die belly nie...dit was heerlik.

Anairam said...

Ek is baie bly jy is in recovery want dit klink of jy feestelik kan lewe en vir ander dit ook so kan maak. Dit klink of jy nogal extravagantly heerlik kook, daai varkie is sekerlik die antichris self.
(Hahaha, ek is nog blyer om te hoor jy vloek ook, ek is 'n ruk gelede ernstig oor die vingers getik deur my embroidery-teacher, 'n Ingelse meisie, sekerlik 25 jaar my junior, omdat ek die f-woord geuiter het toe ek vir die derde keer die voor en agterkunt van die slopie aanmekaar vasgewerk het. Ek was nogal verbaas, vloek jongmense dan nie?)

Anairam said...

Oeps. EK het bedoel agterKANT.

arcadia said...

Dankie Anairam, ek is self baie bly dinge is weer beter. En ja, ek is een van die vloekendes. ;-)