Nov 11, 2010

turkish delight kolwyntjies


'n Kollega verjaar. Ek bak vir haar 'n paar quiches en koeke vir 'n personeeltee, en dan vir die aand se offisiële partytjie twee dosyn turkish delight kolwyntjies. Die staatmaker witkoekresep van Milk and Honey Café, opgekikker met baie *rooswater. Pragtig versier met ligpienk botterversiering met nog 'n skeutjie rooswater, en piepklein vierkantjies pienk turkish delight, vier op elke kolwyntjie.


*Wat alte veel na reukwater klink, genade. Hoe aaklig.

1 comments:

Lily Turner said...

klink hemels, eintlik. ek is 'n groot fan van turkish delight.