Nov 19, 2010

steak tartare

Die krag was af, vir twee dae lank.  Ek en J het pizza gaan koop, toebroodjies geëet met als in die yskas wat besig was om af te gaan, en toe 'n menu opgestel wat geen oond sou benodig nie.  Die vernaamste element daarop was steak tartare.  Dis nie 'n dis wat dadelik jou oog vang as jy by die kamer instap nie, en neem bitter moeilik af.  Maar die kombinasie van rou rypgemaakte rump steak, fyngekapte ansjovis, groenuie, 'n titseltjie mosterd, capers, agurkies en rum is uitstekend; beauty ain't everything.  Dis 'n perfekte opsie as daar twee van jul in die kombuis is – die een kap die steak met die hand, so fyn as moontlik, terwyl die ander die res van die bestandele saam meng.  Eet met sagte stukkies baguette, en 'n glas rooiwyn.  Al is dit 11h00 die oggend.  Wie gaan weet?
 

4 comments:

Marie said...

Arme Vince. As hy net Afrikaans kon lees...hy is mal oor Steak Tartare.

Marisa said...

Ek was nog altyd te katvoet om steak tartare te eet (ek dink die rou eier gemeng met rou vleis is net een te veel vir my), maar ek moet se jy laat dit nogal aanloklik klink...

Jeanne @ CookSIster said...

Dit klink behoorlik indulgent. Ek was nooit so keen op steak tartare to ek jonger was nie maar dit het deesdae alles verander :o)

arcadia said...

Hmmm, dit laat my wonder - word French Canadian mense ook grootgemaak met 'n besondere liefde vir Franse cuisine? Of nie?